Thursday, 1 November 2012
Tuesday, 30 October 2012
Pretoria Jakarandastad
Straattoneel in Sunnyside. Fotos geneem deur L. Raath
Alhoewel die Jakarandas nie inheems aan Pretoria is nie - het die boom met sy purper tooisel in Oktobermaand - sinoniem met Pretoria geword.
Die eerste Jakarandas is in 1888 deur J.D. Celliers by sy huis Myrtle Lodge in Sunnyside geplant. Die oudste bome word gesien op die terrein van die Sunnyside Primary School.
In 1898 het die kweker en saadhandelaar James Clark 'n konsessie by die ZAR ontvang en die eerste saad van Australie bestel. Hy het in November 1906 200 bome aan die Stadsraad geskenk vir aanplanting. Die bome is in Bosmanstraat en in Arcadiapark - waar die Kunsmuseum later gebou is - geplant.
Die groot skaalse aanplanting is egter deur Jakaranda Jim - Frank Walton Jameson bewerkstellig. Hy het as Stadsraadslid in 1909 - met Uniewording en Pretoria wat die adminastratiewe hoofstad geword het - aanbeveel dat die stad verfraai moet word. En dan wel deur die aanplant van Jakarandas.
Teen 1920 was daar reeds 6 000 bome.
Die wit Jakarandas wat Herbert Baker straat in Groenkloof verfraai - is heemlinge van Peru. Die het via Kalifornie - waar dit vanaf Peru as plantlote geneem is - na Suid Afrika gekom - eers in 1961.
Bron: Heydenrych H. & A. Swiegers Discover Pretoria. Pretoria, 1999.
Friday, 14 September 2012
Malene, Corine en ek kom al 'n lang pad saam. Al drie van ons het in die 1980's by die destydse Transvaalse Provinsiale Adminastrasie Biblioteek en Museumdiens gewerk. Malene by die Hoofkantoor van Museumdiens en Corine en ek as kurators by die Pelgrimsrus museum. Sy het gereeld die provinsiale museums besoek in Barberton, Sabie, Potgietersrus, Schoemansdal, Pietersburg asook Lydenburg. Sy moes ons leer om museumvoorwerpe te katalogiseer.
Sy het in die begin van die 1990's na die destydse Naskom gegaan en Corine het in 1991 begin werk en ek in 1992. Sy het begin in die ou Boomstraatmuseum, het saamgetrek na De Villiershof in Sunnyside en weer na die nuwe (ou) museumgebou die sogenaamde African Window.
Nou het sy afgetree en laat 'n groot leemte agter - beide as personeellid, kundige, mentor en steunpilaar vir ons almal.
Sy het in die begin van die 1990's na die destydse Naskom gegaan en Corine het in 1991 begin werk en ek in 1992. Sy het begin in die ou Boomstraatmuseum, het saamgetrek na De Villiershof in Sunnyside en weer na die nuwe (ou) museumgebou die sogenaamde African Window.
Nou het sy afgetree en laat 'n groot leemte agter - beide as personeellid, kundige, mentor en steunpilaar vir ons almal.
Subscribe to:
Posts (Atom)